bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
/
Psalms 127
Psalms 127
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
1
As die Here die huis nie bou nie, bou die bouers ’n bouval wat enige oomblik inmekaar kan stort. As die Here die stad nie oppas nie, help dit net mooi niks dat die polisie die strate patrolleer nie.
2
Dit is ’n vermorsing van tyd om vroeg op te staan en tot laatnag wakker te bly en jou morsdood te werk. Die Here gee vir almal wat Hy liefhet al hierdie goeie dinge in hulle slaap.
3
Kinders is ’n wonderlike geskenk van die Here, hulle kom direk uit die Here se hand.
4
Kinders in ’n huis maak dit vol vreugde, dit maak ouerharte vol blydskap!
5
Hoe gelukkig is elke pa en ma wie se huis die vrolikheid van kinderstemme ken! Hulle hoef nooit bang te wees vir hulle vyande nie.
← Chapter 126
Chapter 128 →