bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
/
Psalms 126
Psalms 126
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
1
Toe die Here Israel uit die kloue van ’n vreemde volk gered het, was sy kinders baie bly. Vir ons was dit soos ’n droom wat waar geword het.
2
Ons het aanmekaar gelag en gepraat, so bly was ons. Almal, selfs dié wat nie die Here dien nie, het dit raakgesien en gesê: “Die Here het wonderlike dinge vir sy kinders gedoen.”
3
Ja, die Here het wonderlike dinge vir ons gedoen en ons was baie bly.
4
Nou is ons weer in die nood. Here, keer asseblief ons situasie heeltemal om. U kan ’n droë woestyn in ’n pragtige blommeland verander. Vat so ons probleme heeltemal weg.
5
Die Here kan hartseer in blydskap verander. Trane van pyn kan Hy in gelag van blydskap verander.
6
Al werk ’n boer hard, is hy bly as hy ’n groot oes insamel. So verander swaarkry in blydskap.
← Chapter 125
Chapter 127 →