bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
/
Psalms 125
Psalms 125
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
1
Iemand wat die Here vertrou, is soos ’n rots wat jy met geen hyskraan of koevoet kan beweeg nie. Hy staan vas sonder om te beweeg.
2
Jerusalem word deur berge omring. Dit beskerm sy inwoners. Net so bewaar die Here diegene wat Hom vertrou. Hy hou sy oog oor hulle.
3
Wees gerus, die Here beskerm die mense wat Hom liefhet. Slegte mense wat die Here nie dien nie, sal nie God se kinders kan mislei nie. Hulle sal nie sy kinders kan ompraat om kwaad te doen nie.
4
Here, wees goed vir goeie mense. Hulle is opreg.
5
God straf mense wat aanhou om verkeerde dinge te doen. Hulle verdien om saam met kwaaddoeners uitgeroei te word. Mag die Here sy vrede vir julle gee!
← Chapter 124
Chapter 126 →