bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
/
Psalms 124
Psalms 124
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
1
God se kinders het gesê: Ander mense wou ons vernietig.
2
As die Here nie toe vir ons goed was en ons gehelp het nie, was dit verby met ons.
3
Hulle was baie kwaad vir ons. Hulle wou oor ons loop.
4
Ons sou verdwyn het soos ’n grashalmpie wat in ’n magtige rivier beland.
5
Hulle sou baie trots gewees het as hulle ons met die grond gelyk kon vee.
6
Maar julle moet vir die Here baie dankie sê. Hy het gesorg dat ons nie die onderspit delf nie. Die mense wat ons wou vernietig, het dit nie reggekry nie. Hy het ons lewe gespaar.
7
Ons het soos ’n voëltjie uit ’n voëlwip uitgeglip. Die wip wat hulle vir ons wou stel, het gebreek. Nou is ons vry.
8
Dit is die Here wat ons help, want Hy is die sterkste van almal. Hy het nie verniet die hemel en die aarde gemaak nie.
← Chapter 123
Chapter 125 →