bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
/
Psalms 122
Psalms 122
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
1
Ek was baie bly toe hulle vir my gesê het: “Kom ons gaan na die huis van die Here toe.”
2
Nou staan ons hier binne-in jou, o Jerusalem.
3
Jerusalem is goed gebou.
4
Dit is waarheen al die kinders van God kom om vir Hom baie dankie te sê. Dit is wat Hy van hulle verwag.
5
Hier word besluit wat reg of verkeerd is. Hier word die hofsake deur die nageslag van koning Dawid verhoor.
6
Bid vir vrede in Jerusalem: Mag almal wat Jerusalem liefhet, gelukkig daar woon.
7
Mag vrede die stad omvou sodat mense daar veilig mag voel.
8
Ter wille van almal wat ek daar ken, bid ek: “Vrede!”
9
Omdat die huis van die Here in Jerusalem staan, wens ek julle net die beste toe.
← Chapter 121
Chapter 123 →