bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
/
Psalms 121
Psalms 121
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
1
Ek soek oral rondom my na iemand om my te help. Ek wonder dan: “Wie sal my nou regtig help?”
2
Die Here sal my help. Hy het alles in die wêreld gemaak.
3
Jy sal niks oorkom nie. God pas jou op. Hy sal nie aan die slaap raak as Hy jou moet oppas nie.
4
Hy pas al sy kinders op. Hy slaap nooit. Daarom sal Hy nie vergeet om jou te help nie.
5
Die Here is jou oppasser. Hy sal altyd by jou wees.
6
Niks of niemand kan jou kwaad aandoen nie, al is hy hoe sterk. God pas jou elke dag op teen allerhande moeilikhede en probleme. Hy sal jou lewe mooi oppas.
7
Die Here sal jou oppas waar jy ook al is: by die huis, by die werk of miskien êrens op pad.
8
Hy sal jou altyd help, of jy kom en of jy gaan, nou en in die toekoms.
← Chapter 120
Chapter 122 →