bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
/
Psalms 120
Psalms 120
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
1
Toe ek in baie groot moeilikheid was, het ek tot die Here gebid. Hy het na my geluister en my gehelp.
2
Here, beskerm my asseblief teen mense wat lieg en bedrieg.
3
Bedrieërs, as julle maar weet wat die Here aan julle gaan doen.
4
Julle sal voel soos iemand wat met ’n klomp pyle geskiet is. Dit sal voel of julle op ’n klomp brandende kole lê.
5
Dit is vir my baie swaar om tussen mense te bly wat niks van my hou nie. Hulle behandel my soos ’n vloerlap. Dit voel of niemand my wil hê nie en of ek niks mag doen nie.
6
Ek kan dit nie meer verdra om tussen mense te wees wat net wil baklei nie.
7
Vrede is vir my baie belangrik. As ek egter daaroor begin praat, wil hulle net stry en baklei.
← Chapter 119
Chapter 121 →