Psalms 119
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
98Dit gee my ’n groot voorsprong bo al my vyande, niemand kan ooit my kennis van u Woord wegvat nie.
114By U kruip ek weg, want U is baie sterk, U pas my goed op. Ek wag op u Woord om my sterk te maak.
127Ek het u voorskrifte met my hele lewe lief, dit beteken meer vir my as al die goud in die wêreld.
130Wanneer u Woord vir mense oopgaan, word hulle hele lewe verlig, dit vul gewone mense met wysheid.