bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
/
Psalms 113
Psalms 113
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
1
Kom loof die Here! Julle wat die Here dien, sê dankie vir Hom. Prys sy Naam!
2
Julle moet sorg dat mense altyd die Here prys, nou en vir altyd.
3
Van die môre tot die aand moet julle sy Naam loof.
4
Daar is niemand wat soveel mag het soos die Here nie. Hy is groter as enigeen in die hemel.
5
[5-6] Geen mens of volk is so sterk soos Hy nie. In die hemel of op die aarde is daar niemand soos die Here ons God nie. Hy is baie belangrik. Tog sien Hy onbelangrike en nederige mensies dadelik raak.
6
***
7
Iemand wat deur ander mense vertrap is, help Hy om weer op te staan. Hy tel arm mense van die ashoop af op.
8
Dan behandel Hy hulle soos konings. Hy laat hulle tussen belangrike mense sit.
9
Hy laat die onmoontlike gebeur: ’n Vrou wat geen kinders kan hê nie, laat Hy swanger word. Hy verander ongeluk in blydskap. Kom loof die Here!
← Chapter 112
Chapter 114 →