bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
/
Psalms 114
Psalms 114
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
1
Toe Israel uit Egipte getrek het en Jakob se mense padgegee het van daardie spul barbare af,
2
toe het Juda God se spesiale grondgebied geword en Israel die plek waar die Here sy groot mag wys.
3
Die see het net een kyk na God se groot krag gegee en op die vlug geslaan. Die Jordaan het ook vreesbevange padgegee.
4
Magtige berge het soos ’n klomp skape rondgespring en die heuwels soos lammetjies.
5
See, wat is fout met jou dat jy so vinnig op die vlug slaan, en jy, Jordaan, hoekom gee jy pad?
6
Berge, hoekom spring julle soos ’n klomp skape rond, en heuwels, hoekom skarrel julle soos lammetjies rond?
7
Aarde, jy moet bewe van vrees wanneer die Here op die toneel verskyn! Bewe as die God van Jakob sy opwagting maak.
8
Hy het klipharde rotse in ’n groot dam vol water verander, harde klippe in ’n fontein vol vars water!
← Chapter 113
Chapter 115 →