bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
/
Psalms 112
Psalms 112
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
1
Prys die Here! Die gelukkigste mense op aarde is hulle wat groot respek vir die Here het, wat met blydskap luister na alles wat die Here sê.
2
Hulle nageslag is baie groot. Die Here se goedheid is by sulke mense oral waar hulle gaan.
3
Hulle het meer as genoeg om van te leef. Hulle doen net goed aan ander mense.
4
God se goedheid skyn soos die son oor hulle hele lewe. Hy is by hulle met sy goedheid, sy ontferming, sy beskerming.
5
Iemand wat die Here vrees, deel graag sy besittings met ander. Hy leen uit, hy doen altyd die regte dinge.
6
Almal praat daarvan. Hulle onthou hom, want hy struikel nie.
7
Slegte nuus ontstel hom nie, want sy hand is veilig in die Here s’n. Omdat hy op die Here vertrou,
8
is hy glad nie bang nie, want hy weet sy vyande sal tot ’n val kom.
9
Hy strooi sy besittings uit; arm mense dra hy op die hande. Hy hou nooit op om goed te doen nie. Wat ’n leefstyl! Dit bring baie eer en vreugde.
10
Slegte mense is jaloers op hom, maar hulle woorde beteken niks. Slegte mense se planne kom ook tot niks. Ja, tot niks!
← Chapter 111
Chapter 113 →