bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
/
Psalms 130
Psalms 130
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
1
'n Lied wanneer mense na die tempel gaan. Here, ek is in diep water, ek roep en ek vra dat U my moet help.
2
My Here, U moet hoor, U moet luister, ek soebat en ek vra dat U my moet help.
3
Here, as U aangehou het om te dink aan die sondes wat mense doen, Here, wie sou dan nog kon lewe?
4
Maar U vergewe mense se sondes, U wil hê dat hulle U moet dien.
5
Ek wag vir die Here, ek verlang na Hom, ek glo dat Hy sal doen wat Hy gesê het.
6
Ek verlang na die Here, ek verlang meer as wagte wat verlang dat dit oggend moet word, meer as wagte wat verlang dat dit oggend moet word.
7
Israeliete, julle moet in die Here glo, want die Here doen altyd wat Hy belowe het, Hy red ons altyd weer.
8
Hy sal sy volk Israel red van al hulle sondes.
← Chapter 129
Chapter 131 →