bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
/
Psalms 129
Psalms 129
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
1
'n Lied wanneer mense na die tempel gaan. “Ek het baie vyande gehad vandat ek jonk was,” dit moet die volk Israel sê,
2
“ek het baie vyande gehad vandat ek jonk was, maar hulle kon my nie wen nie.
3
Hulle het my rug stukkend geslaan met swepe. Dit het gelyk soos wanneer iemand geploeg het en die grond stukkend gebreek het.
4
Die Here het reg gedoen, Hy het die toue losgesny waarmee die mense my vasgebind het, die mense wat verkeerd doen.
5
Ek bid dat almal wat vir Sion haat, sal verloor en sal verdwyn.
6
Ek bid dat hulle sal wees soos gras op huise se dakke, gras wat droog word voordat dit mooi gegroei het.
7
Niemand kan dit afsny en die gerwe vasbind nie.
8
Niemand sal verbykom en sê: ‘Ons bid dat die Here julle sal seën’ nie. Niemand sal sê: ‘Ons seën julle, ons weet dat die Here julle sal seën’ nie.”
← Chapter 128
Chapter 130 →