bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
/
Psalms 13
Psalms 13
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
1
Vir die leier van die koor: 'n Psalm van Dawid.
2
Here, hoe lank sal U my nog vergeet, hoe lank sal U nog aanhou om u gesig weg te draai van my?
3
Hoe lank moet ek nog self planne probeer maak, hoe lank moet ek elke dag huil en treur, hoe lank sal my vyande nog dink dat hulle sterker is as ek?
4
Here my God, U moet luister en my antwoord, U moet vir my nuwe lewe gee, sodat ek nie sterf nie,
5
sodat my vyande nie kan sê dat hulle gewen het teen my nie, sodat hulle nie sal juig omdat ek geval het nie.
6
En ek? Ek glo dat U sal doen wat U belowe het. Ek sal juig, want U sal my red, ek sal vir die Here sing omdat Hy goed gedoen het aan my.
← Chapter 12
Chapter 14 →