bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
/
Psalms 14
Psalms 14
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
1
Vir die leier van die koor: Van Dawid. Dit is dwase mense wat dink daar is nie 'n God nie. Hulle is slegte mense, hulle is wreed, nie een van hulle doen goed nie.
2
Die Here kyk uit die hemel na die mense om te sien of daar iemand is wat verstandig is, iemand wat vra wat God wil hê.
3
Hulle het almal besluit om verkeerd te lewe, hulle het sleg geword, niemand doen goed nie, nie een nie.
4
Besef julle wat sal gebeur met julle wat slegte dinge doen? Julle wat my mense op-eet soos mense brood eet, julle wat nie tot die Here bid nie, besef julle wat sal gebeur?
5
Julle moet besef dat julle groot sal skrik, want God is by die mense wat reg doen.
6
Julle laat die planne misluk van die mense wat hulleself nie kan beskerm nie, maar die Here beskerm hulle.
7
Ek bid dat daar uit Sion iemand sal kom wat vir Israel sal red. Wanneer die Here dit beter laat gaan met sy volk, dan sal die nageslag van Jakob juig, dan sal Israel feesvier.
← Chapter 13
Chapter 15 →