bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
/
Psalms 12
Psalms 12
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
1
Vir die leier van die koor: Met snaarmusiek. 'n Psalm van Dawid.
2
Here, U moet help, want daar is niemand wat in U glo nie, daar het niemand oorgebly wat doen wat hy belowe het nie.
3
Mense is vals met mekaar, hulle vertel mooi stories, maar dit is nie waar nie, hulle sê mooi dinge, maar hulle is vals.
4
Here, U moet die mense stilmaak wat daardie stories vertel, die mense wat spog.
5
Hulle dink hulle sal wen met die dinge wat hulle sê, hulle dink niemand sal hulle keer nie.
6
Die Here sê: Ek sien die slegte dinge wat mense doen met die mense wat hulleself nie kan beskerm nie, ek hoor hoe kla en sug die mense wat niks het nie. Hulle het gevra dat Ek hulle moet help, en Ek sal nou kom.
7
Wanneer die Here praat, dan kan jy Hom glo. Sy woorde is nie vals nie, dit is so skoon en suiwer soos silwer wat sewe maal gesmelt is in 'n vuur-oond.
8
Dit is U, Here, wat by ons wagstaan. U sal ons altyd beskerm teen hierdie mense.
9
Rondom ons loop die mense wat verkeerd doen, en almal sê die dinge wat sleg is, is goed.
← Chapter 11
Chapter 13 →