bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
/
Psalms 128
Psalms 128
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
1
'n Lied wanneer mense na die tempel gaan. Dit gaan goed met almal wat die Here dien, almal wat lewe soos Hy wil hê.
2
As jy dit doen en as jy hard werk, dan sal jy genoeg hê om van te lewe. Dit sal goed gaan met jou, en jy sal ryk word.
3
Jou vrou in jou huis sal wees soos 'n wingerdstok wat baie druiwe dra. Jou kinders by jou tafel sal wees soos jong olyfboompies.
4
Jy moet onthou, dit is hoe die Here die persoon sal seën wat Hom dien.
5
Ek bid dat die Here in Sion jou sal seën. Ek bid dat jy sal sien dat dit goed gaan met Jerusalem, so lank soos jy lewe,
6
en dat jy jou kinders se kinders sal sien. Ek bid dat Jerusalem vrede sal hê.
← Chapter 127
Chapter 129 →