bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
/
Psalms 127
Psalms 127
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
1
'n Lied wanneer mense na die tempel gaan. Van Salomo. As die Here nie 'n huis bou nie, dan help dit nie dat die bouers hard werk om die huis te bou nie. As die Here nie 'n stad beskerm nie, dan help dit nie dat die wagte wakker bly nie.
2
Dit help nie dat julle vroeg opstaan en laat gaan slaap nie, dit help nie dat julle hard werk om te kan lewe nie, want die Here sorg vir die mense vir wie Hy lief is, Hy gee vir hulle alles wat hulle nodig het, ook terwyl hulle slaap.
3
Julle moet onthou dit is die Here wat vir 'n mens seuns gee, kinders is presente van die Here.
4
Seuns wat gebore is toe hulle pa nog jonk was, is soos pyle wat iemand vashou, iemand wat oorlog moet maak.
5
Dit gaan goed met 'n man vir wie die Here baie seuns gegee het, hy is nie bang dat hy sal verloor wanneer hy met die vyande in die poort praat nie.
← Chapter 126
Chapter 128 →