bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
/
Psalms 126
Psalms 126
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
1
'n Lied wanneer mense na die tempel gaan. Dit was vir ons soos 'n droom toe die Here dit beter laat gaan het met Sion.
2
Toe het ons gelag en gesing, toe het ander mense gesê: “Die Here het groot dinge gedoen vir hierdie mense.”
3
Die Here hét groot dinge gedoen vir ons, en ons was bly.
4
Here, U moet dit weer beter laat gaan met ons. Dit moet wees soos wanneer daar weer water vloei in die droë slote in die Suid-land.
5
Mense wat huil wanneer hulle koring saai, sal sing wanneer hulle die koring afsny.
6
Iemand wat loop en huil terwyl hy die saadsak dra, sal loop en sing wanneer hy die gerwe dra wat hy afgesny het.
← Chapter 125
Chapter 127 →