bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
/
Psalms 125
Psalms 125
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
1
'n Lied wanneer mense na die tempel gaan. Die mense wat glo dat die Here hulle sal help, is soos die Sionsberg wat nie val nie en wat altyd daar is.
2
Daar is berge rondom Jerusalem, en so beskerm die Here ook sy volk, nou en vir altyd.
3
'n Koning wat self verkeerd doen, sal nie aanhou om te regeer oor die land wat behoort aan mense wat reg doen nie. As dit gebeur, dan sal die mense wat reg doen, ook verkeerd begin doen.
4
Here, U moet goed doen aan goeie mense, aan die mense wat eerlik is.
5
Maar die Here sal die mense straf wat opgehou het om te lewe soos die Here wil hê. Hy sal hulle straf saam met die mense wat slegte dinge doen. Ons bid dat Israel vrede sal hê.
← Chapter 124
Chapter 126 →