bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
/
Psalms 124
Psalms 124
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
1
'n Lied wanneer mense na die tempel gaan. Van Dawid. “As die Here ons nie gehelp het nie,” dit moet die Israeliete sê, dit moet hulle doen,
2
“as die Here ons nie gehelp het toe mense ons aangeval het nie,
3
dan het die mense ons lewendig ingesluk omdat hulle kwaad was vir ons,
4
dan het die water ons weggespoel, en dan het die waterstroom oor ons gevloei,
5
dan het die groot branders bo-oor ons gespoel.
6
Ons prys die Here, Hy het ons nie gelos sodat die vyande ons kan op-eet nie.
7
Ons is soos 'n voël wat vry weggekom het uit die vangnet van die voëlvanger. Die net het gebreek, en ons het vry weggekom.
8
Dit is die Hére wat vir ons gehelp het, die Here wat die hemel en die aarde gemaak het.”
← Chapter 123
Chapter 125 →