bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
/
Psalms 122
Psalms 122
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
1
'n Lied wanneer mense na die tempel gaan. Ek was bly toe mense vir my gesê het: “Kom ons gaan na die huis van die Here.”
2
Jerusalem, ons het daar in jou poorte gestaan.
3
Die mense het Jerusalem goed gebou, die huise staan vas teen mekaar.
4
Dit is die stad waarnatoe die stamme kom, die stamme van die Here. Hy het gesê die Israeliete moet daar vir Hom kom dankie sê.
5
Want dit is waar die trone staan waar die koning moet oordeel, die trone van die stamme van Dawid.
6
Julle moet bid dat Jerusalem vrede sal hê. Julle moet sê: “Ons bid dat die mense wat lief is vir jou, veilig sal woon.
7
Ons bid dat daar vrede sal wees binne jou mure, ons bid dat die mense in jou mooi huise veilig sal wees.”
8
Ek dink aan my broers en my vriende, en daarom wil ek sê: Asseblief, Jerusalem, daar moet vrede wees in jou.
9
Ek dink aan die tempel van ons God, en daarom bid ek dat dit goed sal gaan met jou, Jerusalem.
← Chapter 121
Chapter 123 →