bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
/
Psalms 121
Psalms 121
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
1
'n Lied wanneer mense na die tempel gaan. Ek kyk op na die berge en ek vra: “Van waar sal iemand kom om my te help?”
2
Dit is die Hére wat my sal help, die Here wat die hemel en die aarde gemaak het.
3
Hy sal keer dat jy nie val nie, Hy beskerm jou, Hy slaap nie.
4
Die Here slaap nooit, dit is seker, Hy beskerm die volk Israel.
5
Die Here beskerm jou, Hy is altyd langs jou om jou te beskerm.
6
Die son sal jou nie siek laat word in die dag nie, en die maan ook nie in die nag nie.
7
Die Here sal jou beskerm teen alles wat sleg is, jou lewe sal veilig wees.
8
Die Here sal jou beskerm, oral waar jy gaan, nou en vir altyd.
← Chapter 120
Chapter 122 →