bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
/
Psalms 120
Psalms 120
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
1
'n Lied wanneer mense na die tempel gaan. Toe dit sleg gegaan het met my, het ek geroep en gevra dat die Here my moet help, en Hy het my geantwoord.
2
Ek het gevra: “Here, U moet my red van mense wat lieg en bedrieg.”
3
Julle wat vir ander mense bedrieg, weet julle hoe die Here julle sal straf?
4
Hy sal julle straf met die skerp pyle van soldate, met die warm kole vuur van besembos-hout.
5
Dit gaan sleg met my, want dit voel of ek in die land Mesek woon of tussen die tente van die land Kedar.
6
Ek het baie lank gewoon tussen mense wat nie hou van vrede nie, te lank.
7
Ek wil vrede hê, maar wanneer ek oor vrede praat, dan wil hulle oorlog hê.
← Chapter 119
Chapter 121 →