bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
/
Psalms 11
Psalms 11
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
1
Vir die leier van die koor: Van Dawid. Ek weet, die Here sal my beskerm. Hoekom sê julle ek moet na die berge vlug soos 'n voël?
2
Julle sê: “Jy moet vlug, want kyk, die mense wat verkeerd doen, trek hulle boog se snare styf, hulle sit hulle pyle op die snare van die boog, hulle staan in die donker en hulle wil die eerlike mense skiet.”
3
Julle vra: “Wat kan 'n mens doen wat reg wil lewe? Daar is niks meer wat vas staan nie.”
4
Maar ek sê: Die Here is in sy gewyde tempel, Hy is in die hemel waar sy troon staan, en Hy sien die mense, Hy kyk wat hulle doen.
5
Hy kyk wat die mense doen, die mense wat reg lewe én die mense wat verkeerd doen, en Hy haat mense wat wreed is teen ander mense.
6
Hy laat vuur en swael uit die lug val soos reën, dit val op die mense wat verkeerd doen, die warm woestynwind sal hulle brand, hulle sal die beker van swaarkry moet drink.
7
Die Here sal doen wat reg is, Hy wil hê mense moet reg doen. Eerlike mense mag naby Hom wees.
← Chapter 10
Chapter 12 →