bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 99
Psalms 99
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
Die Here regeer – laat die volke bewe! Hy troon oor gerubs – laat die wêreld sidder!
2
Die Here in Sion is groot, verhewe is Hy bo al die volke.
3
Laat hulle u groot en ontsagwekkende Naam prys – “•Heilig is Hy!” –
4
en die krag van die Koning, Hy wat die reg liefhet. Dit is U wat billikheid, reg en geregtigheid gevestig het in Jakob; U het dit gedoen.
5
Verheerlik die Here ons God, buig in aanbidding voor die voetbank vir sy voete: “Heilig is Hy!”
6
Moses en Aäron was onder sy priesters, Samuel onder dié wat sy Naam aangeroep het. Wanneer hulle die Here aangeroep het, het Hy self hulle geantwoord.
7
Uit 'n wolkkolom het Hy met hulle gepraat. Hulle het sy bepalings nagekom, ook die vaste voorskrifte wat Hy vir hulle gegee het.
8
Here, ons God, U self het hulle geantwoord. U was vir hulle 'n God wat vergewe, maar ook Een wat hulle dade vergeld.
9
Verheerlik die Here, ons God, buig in aanbidding voor sy heilige berg, want heilig is die Here, ons God.
← Chapter 98
Chapter 100 →