bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 98
Psalms 98
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
'n Psalm. Sing vir die Here 'n nuwe lied, want Hy het wonders gedoen. Sy regterhand, sy •heilige arm, het Hom bygestaan.
2
Die Here het sy verlossing bekend gemaak; voor die oë van die nasies het Hy sy •geregtigheid geopenbaar.
3
Hy het sy troue liefde, sy getrouheid teenoor die huis van Israel, onthou. Al die uithoeke van die aarde het die verlossing deur ons God gesien.
4
Juig tot eer van die Here, o ganse aarde; wees vrolik, jubel en besing Hom,
5
besing die Here met begeleiding van liere, op die lier saam met die klank van sang,
6
op trompette saam met die klank van •ramshorings. Juig voor die Koning, die Here.
7
Laat die see en alles daarin dit uitbasuin, die aarde en dié wat daarop woon.
8
Laat die riviere hande klap en saam met die berge jubel
9
voor die Here; want Hy kom om die wêreld te oordeel, Hy sal die aarde oordeel in geregtigheid en die volke in billikheid.
← Chapter 97
Chapter 99 →