bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 97
Psalms 97
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
Die Here regeer, laat die aarde juig; laat al die afgeleë eilande bly wees.
2
Wolke en diepe duisternis omring Hom, reg en •geregtigheid is die grondslag van sy troon.
3
Vuur gaan voor Hom uit en rondom Hom verbrand dit sy teenstanders.
4
Sy weerligstrale verlig die aarde, die wêreld sien dit en sidder.
5
Berge smelt soos was voor die Here, voor die Heer van die hele wêreld.
6
Die hemele verkondig sy geregtigheid, en al die volke sien sy majesteit.
7
Almal wat gesnede beelde dien, wat spog met nikswerd afgode, staan beskaamd. Buig in aanbidding voor Hom, alle gode!
8
Sion hoor dit en is bly, die dogters van Juda juig oor u oordele, Here.
9
Want U, Here, is die heel hoogste bo die hele aarde; U is ver verhewe bo alle gode.
10
Julle wat die Here liefhet, moet die kwaad haat. Hy beskerm die lewe van sy troue volgelinge; uit die hand van goddeloses red Hy hulle.
11
Lig is gesaai vir die regverdiges, vreugde vir hulle met opregte harte.
12
Verbly julle in die Here, regverdiges, en prys sy •heilige, gevierde Naam.
← Chapter 96
Chapter 98 →