bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 87
Psalms 87
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
Van die Koragiete. 'n Psalm. 'n Lied. Die fondamente wat Hy gelê het, rus op •heilige berge.
2
Die Here het die poorte van Sion liewer as al die wonings van Jakob.
3
Glorieryke dinge word oor jou gesê, stad van God:
4
“Ek sal Rahab en Babilonië noem onder dié wat My erken, ja, Filistea en Tirus saam met Kus onder dié wat daar gebore is.”
5
En oor Sion sal daar gesê word: “Man vir man is in haar gebore, en die Allerhoogste self hou haar in stand.”
6
Die Here teken in die •boekrol van volke op: “Hierdie een is daar gebore.”
7
Terwyl hulle dans, sing hulle: “Al my bronne is in jou.”
← Chapter 86
Chapter 88 →