bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 86
Psalms 86
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
'n Gebed. Van Dawid. Here, draai u oor, antwoord my, want ek is magteloos en behoeftig.
2
Beskerm my lewe, want ek is 'n getroue volgeling. Verlos u dienskneg wat op U vertrou; U is my God.
3
Wees my genadig, my Heer, want na U roep ek die hele dag lank.
4
Maak die hart van u dienskneg bly, want na U, my Heer, hunker ek.
5
U, my Heer, is immers goed en vergewensgesind, en oorvloedig in troue liefde teenoor almal wat na U roep.
6
Here, hoor tog my gebed en gee tog aandag aan my smeekgebede.
7
In die tyd van my nood roep ek na U, want U antwoord my.
8
Daar is niemand soos U onder die gode nie, my Heer, en niks soos u werke nie.
9
Al die nasies wat U gemaak het, sal kom en voor U, my Heer, in aanbidding buig; hulle sal u Naam eer.
10
Want groot is U en U doen wonders; U alleen is God.
11
Leer my u pad, Here; ek wil in u waarheid leef. Gee dat ek heelhartig vir u Naam ontsag sal hê.
12
My Heer, my God, ek wil U prys met my hele hart; ek wil u Naam vir altyd eer,
13
want u troue liefde teenoor my is groot: U het my lewe weggeruk uit die •doderyk daar onder.
14
O God, vermeteles het teen my opgestaan; 'n klomp geweldenaars soek my lewe en hou U nie voor oë nie.
15
Maar U, my Heer, U is 'n barmhartige en genadige God, geduldig, oorvloedig in troue liefde en waarheid.
16
Draai na my en wees my genadig; gee u krag aan u dienskneg, en verlos die seun van u diensmeisie.
17
Gee my 'n teken van goedheid sodat hulle wat my haat, dit kan sien en beskaamd staan. U, Here, het my immers gehelp en getroos.
← Chapter 85
Chapter 87 →