bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 88
Psalms 88
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
'n Lied. 'n Psalm. Van die Koragiete. Vir die •musiekleier. Op Magalat. Om te sing. 'n Maskiel. Van Heman, die Esragiet.
2
Here, God wat my verlos, bedags roep ek om hulp, snags bly my hulpgeroep voor U.
3
Laat my gebed U bereik, draai u oor na my klaagroep;
4
want ek het genoeg gehad van rampe. My lewe is by die •doderyk;
5
ek word gereken by dié wat afdaal in die put. Ek het geword soos 'n sterk man sonder krag,
6
vrygelaat onder die dooies, soos gesneuweldes wat in 'n graf lê, aan wie U nie meer dink nie; hulle wat afgesny is van u hand.
7
U het my in die diepste put geplaas, in donker plekke, in die dieptes.
8
U woede rus swaar op my; met al u golwe onderdruk U my.
9
U het my bekendes van my verwyder, U het my iets afstootliks gemaak vir hulle. Ek is opgesluit en kan nie uitkom nie;
10
my oë verdof van ellende. Ek roep na U, Here, elke dag, ek strek my handpalms na U uit.
11
Kan U aan dooies 'n wonder doen? Of skimme, kan hulle opstaan, kan hulle U prys?
12
Word daar in die graf gepraat oor u troue liefde, oor u betroubaarheid in die onderwêreld?
13
Is u wonders bekend in die duisternis, en u geregtigheid in die land van vergetelheid?
14
En ek, na U roep ek om hulp, Here, elke oggend kom my gebed voor U.
15
Waarom, Here, verstoot U my, verberg U u gesig vir my?
16
Ek is magteloos, in doodsgevaar van my jeug af; verslae dra ek u verskrikkinge.
17
Oor my het die gloed van u toorn gebreek, u verskrikkinge vernietig my.
18
Die hele dag omring dit my soos water, dit omsluit my heeltemal.
19
U het geliefdes en vriende van my verwyder; my vertroueling is die duisternis.
← Chapter 87
Chapter 89 →