bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 85
Psalms 85
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
Vir die •musiekleier. Van die Koragiete. 'n Psalm.
2
Here, U was u land goedgesind; U het die lot van Jakob verander.
3
U het die sondeskuld van u volk vergewe; U het al hulle sonde bedek.
4
U het al u gramskap teruggehou; U het afgesien van u brandende toorn.
5
Herstel ons nou weer, o God wat ons verlos; maak 'n einde aan u ergernis teen ons.
6
Gaan U vir altyd teen ons toornig wees? Gaan u toorn voortduur van geslag tot geslag?
7
U, wil U ons nie maar weer lewend maak, sodat u volk hulle in U kan verheug nie?
8
Here, laat ons weer u troue liefde ervaar, u verlossing – skenk dit aan ons!
9
Ek wil hoor wat God, die Here, sê, want Hy praat oor vrede vir sy volk en sy getroue volgelinge. Hulle moet net nie terugkeer na dwaasheid nie.
10
Sy verlossing is beslis naby dié wat vir Hom ontsag het, sodat sy heerlikheid in ons land 'n tuiste kan hê.
11
Troue liefde en waarheid ontmoet mekaar, •geregtigheid en vrede omhels mekaar.
12
Waarheid sal uit die aarde spruit, geregtigheid uit die hemel neerkyk.
13
Daarby sal die Here gee wat goed is, en ons land sal sy opbrengs lewer.
14
Geregtigheid gaan voor Hom uit en baan vir sy voetstappe die weg.
← Chapter 84
Chapter 86 →