bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 64
Psalms 64
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
Vir die •musiekleier. 'n Psalm. Van Dawid.
2
Luister, o God, na my stem as ek kla; hou my lewe veilig teen die verskrikking van die vyand.
3
Hou my weg van die kring van kwaaddoeners, weg van die onrus van hulle wat onreg pleeg,
4
dié wat hulle tonge so skerp maak soos 'n swaard, wat aanlê met hulle pyle van bitter woorde
5
om uit wegkruipplekke op 'n onskuldige te skiet. Onverwags skiet hulle op hom. Hulle is nie bang nie.
6
Hulle praat mekaar moed in met bose woorde; hulle spreek af om strikke te stel. Hulle sê: “Wie sal dit raaksien?
7
Sal mense 'n bose opset ondersoek? Ons is gereed; dit is 'n fyn beplande set, en 'n mens se binneste en hart is onpeilbaar.”
8
Maar onverwags skiet God hulle met 'n pyl; hulle is gewond!
9
Dit bring hulle elkeen tot 'n val. Hulle tonge getuig teen hulle. Almal wat hulle sien, sidder.
10
Dan word alle mense met vrees vervul en maak God se dade bekend; hulle kry insig in sy werk.
11
Regverdiges sal hulle in die Here verheug en by Hom skuil. Almal wie se harte opreg is, sal in Hom roem.
← Chapter 63
Chapter 65 →