bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 63
Psalms 63
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
'n Psalm. Van Dawid. Toe hy in die woestyn van Juda was.
2
God, U is my God, na U soek ek; my •siel dors na U, my liggaam smag na U in 'n droë, uitgeputte land sonder water.
3
So het ek uitgesien na U in die heiligdom, om u krag en glorieryke teenwoordigheid te ervaar,
4
want u troue liefde is beter as die lewe. My lippe sal U roem;
5
so sal ek U prys in my lewe; in u Naam sal ek my hande ophef.
6
Asof van binnevet en die vetste dele word ek versadig; en met jubelende lippe bring my mond lof
7
as ek aan U dink op my slaapplek, as ek in die •nagwake oor U prewel.
8
Want U was vir my tot hulp, en in die skadu van u vlerke jubel ek.
9
My diepste wese is aan U verknog; u regterhand ondersteun my.
10
En daardie mense wat daarop uit is om my lewe te verwoes, hulle sal die onderste dele van die aarde binnegaan.
11
Hulle sal aan die mag van die swaard uitgelewer word, die prooi van jakkalse sal hulle word.
12
Die koning sal hom in God verbly; elkeen wat by Hom sweer, sal in Hom roem. Want hulle wat leuens verkondig se monde sal gesnoer word.
← Chapter 62
Chapter 64 →