bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 65
Psalms 65
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
Vir die •musiekleier. 'n Psalm. Van Dawid. 'n Lied.
2
Aan U kom 'n lofsang toe, o God wat in Sion is; aan U moet geloftes betaal word.
3
U wat gebede hoor – na U moet alle mense kom.
4
Al sou sondeskuld my oorweldig, U bedek ons oortredings.
5
Gelukkig is die mens vir wie U uitkies en laat nader kom – hy mag woon in u voorhowe. Ons wil graag versadig word met die goeie van u huis, die heiligheid van u •tempel.
6
U antwoord ons in geregtigheid met ontsagwekkende dade, o God wat ons verlos – U, die vertroude tot aan al die eindes van die aarde en die verste seë,
7
die Een wat die berge vestig deur sy krag, wat omgord is met mag,
8
wat die gedreun van die seë stilmaak, die gedreun van hulle golwe, die rumoer van volke.
9
Daarom het die bewoners van die eindes van die aarde ontsag vir u tekens. U laat 'n gejubel opklink waar die son opkom en waar dit ondergaan.
10
U het na die land omgesien, dit deurdrenk, dit besonder verryk. God se leivoor is vol water. U sorg vir hulle koring, want so berei U die grond voor:
11
U maak die vore nat, die ploegbanke gelyk; met reënbuie maak U die aarde sag, U seën dit wat daar opkom.
12
U kroon u goeie jaar; u spore drup van vettigheid.
13
Die weivelde van die woestyn drup, die heuwels omgord hulle met 'n gejuig.
14
Die weivelde klee hulle met kleinvee; die valleie tooi hulle met graan; hulle roep uit van vreugde, ja, hulle sing.
← Chapter 64
Chapter 66 →