bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 57
Psalms 57
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
Vir die •musiekleier. Op “Moenie verwoes nie”. Van Dawid. 'n Miktaam. Toe hy voor Saul in die grot in gevlug het.
2
Wees my genadig, o God, wees my genadig, want by U skuil ek; in die skadu van u vlerke sal ek skuil totdat die vernietiging verby is.
3
Ek roep na God, die Allerhoogste, na God, wat namens my vergeld.
4
Hy sal uit die hemel hulp stuur en my verlos. Hy verwar hom wat my teister. God sal sy troue liefde en sy waarheid stuur.
5
Ek is tussen leeus; ek lê tussen hulle wat mense verslind – hulle tande is spiese en pyle, hulle tonge is skerp swaarde.
6
Verhef U bo die hemele, o God, u heerlikheid oor die hele aarde.
7
'n Net het hulle gespan vir my voete – hulle het my neerslagtig gemaak. Hulle het 'n vangkuil voor my gegrawe – hulle het self daarin geval.
8
My hart is standvastig, o God, my hart is standvastig. Ek wil sing, ek wil lofsing.
9
Word wakker, my gemoed! Word wakker, harp en lier! Ek wil die dagbreek wakker maak.
10
Ek wil U dank onder die volke, my Heer, ek wil U besing onder die nasies;
11
want groot, tot aan die hemel, reik u troue liefde; tot by die wolke is u waarheid.
12
Verhef U bo die hemele, o God, u heerlikheid oor die hele aarde.
← Chapter 56
Chapter 58 →