bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 58
Psalms 58
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
Vir die •musiekleier. Op “Moenie verwoes nie”. Van Dawid. 'n Miktaam.
2
Magtiges, is julle werklik besig met regspraak, oordeel julle mense billik?
3
Selfs in julle harte beoefen julle onreg; in die land maak die geweld van julle hande vir julle die pad skoon.
4
Vanaf die moederskoot dwaal goddeloses af, vanaf hulle geboorte raak leuenaars die pad byster.
5
Hulle gif is dieselfde as slanggif; hulle is soos 'n dowe horingslang wat sy ore toestop,
6
wat nie luister na die besweerders se stem nie – hulle wat bedrewe is in die besweerkuns.
7
O God, breek hulle tande in hulle monde, verbrysel die kake van die jong leeus, Here.
8
Mag hulle verdwyn soos water wat wegvloei; mag Hy hulle vertrap soos gras. Mag hulle verdroog
9
soos 'n slak wat in sy slym seil, soos misgeboortes van vroue wat nooit die son sien nie.
10
Voordat hulle dit besef, is hulle soos dorings, soos steekdorings wat uitgeroei word, soos bossies wat die stormwind wegwaai.
11
Die regverdige sal bly wees wanneer hy vergelding sien; hy sal sy voete afspoel in die bloed van die goddelose.
12
Die mense sal sê: “Daar ís beloning vir die regverdige, daar ís 'n God wat reg laat geskied in die land.”
← Chapter 57
Chapter 59 →