bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 56
Psalms 56
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
Vir die •musiekleier. Op “Die duif van die veraf •terebinte”. Van Dawid. 'n Miktaam. Toe die Filistyne hom in Gat gevang het.
2
Wees my genadig, o God, want mense treiter my; die hele dag teister veglustige mense my.
3
My teenstanders treiter my die hele dag, ja, baie veg teen my uit die hoogte.
4
Die dag wanneer ek bang is, vertrou ek op U.
5
Op God – ek loof sy woord – op God vertrou ek. Ek sal nie bang wees nie; wat kan vlees en bloed aan my doen?
6
Die hele dag verdraai hulle my woorde; teen my is al hulle kwaadwillige planne gerig.
7
Hulle val my gedurig aan; hulle lê en wag. Hulle hou my spore dop terwyl hulle my lewe soek.
8
Sal hulle, ondanks die onreg, vrykom? Werp mense neer in toorn, o God!
9
U het self my lotgevalle opgeteken. Hou tog my trane in u leersak. Staan dit nie in u •boekrol nie?
10
Dan sal my vyande terugdeins op die dag wanneer ek roep. Dit weet ek: God is vir my.
11
Op God – ek loof sy woord – op die Here – ek loof sy woord –
12
ja, op God vertrou ek. Ek is nie bang nie, wat kan 'n mens aan my doen?
13
Op my, o God, rus die geloftes aan U. Ek sal dit nakom met •dankoffers aan U,
14
want U het my lewe uit die dood weggeruk. Het U dan nie my voete van struikeling bewaar, sodat ek voor God kan leef in die lig van die lewe nie?
← Chapter 55
Chapter 57 →