bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 53
Psalms 53
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
Vir die •musiekleier. Op Magalat. 'n Maskiel. Van Dawid.
2
Dwase sê in hulle hart: Daar is geen God nie. Hulle tree gruwelik en afstootlik op. Daar is nie een wat goed doen nie.
3
God kyk vanuit die hemel na die mense om te sien of daar iemand is wat verstandig is, iemand wat God soek.
4
Almal het afgedwaal, saam het hulle ontaard; daar is nie een wat goed doen nie, selfs nie een nie.
5
Is almal wat onreg pleeg dan sonder insig, hulle wat my volk eet soos 'n mens brood eet? Hulle roep God nie aan nie.
6
Dan oorval skrik hulle as daar niks te vrese is nie. Want God het die beendere van hulle wat jou beleër het, verstrooi. Jy laat hulle beskaamd staan, want God het hulle verwerp.
7
Mag daar uit Sion redding kom vir Israel! Wanneer God die lot van sy volk omkeer, moet Jakob juig, moet Israel bly wees.
← Chapter 52
Chapter 54 →