bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 54
Psalms 54
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
Vir die •musiekleier. Met snarespel. 'n Maskiel. Van Dawid.
2
Toe die Sifiete gegaan en vir Saul gesê het: “Het Dawid dan nie by ons kom wegkruip nie?”
3
O God, verlos my deur u Naam en verdedig my saak deur u groot krag.
4
O God, hoor my gebed; luister na die woorde van my mond,
5
want vreemdes het teen my opgestaan en gewelddadige mense soek my lewe. Hulle hou God nie voor oë nie.
6
Kyk, God is vir my 'n helper, my Heer is die Een wat my lewe ondersteun.
7
Hy sal my teenstanders vir hulle kwaad vergeld. Omdat U getrou is, vernietig hulle!
8
Vrywillig wil ek offers aan U bring. Ek wil u Naam prys, Here, want dit is goed;
9
ja, u Naam het my uit alle nood gered en ek kon op my vyande neerkyk.
← Chapter 53
Chapter 55 →