bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 52
Psalms 52
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
Vir die •musiekleier. 'n Maskiel. Van Dawid.
2
Toe Doëg, die Edomiet, gegaan en vir Saul berig gebring het. Hy het vir hom gesê: “Dawid het by die huis van Agimeleg aangekom.”
3
Waarom spog jy oor 'n bose daad, krygsheld? God se troue liefde is die hele dag daar.
4
Jou tong beplan vernietiging, soos 'n skerp skeermes, jy wat bedrog pleeg.
5
Jy hou meer van die slegte as van die goeie, van leuens meer as om te sê wat reg is.
6
Jy hou van allerhande lasterlike woorde, van 'n tong wat bedrieg.
7
God sal jou daarom vir goed afbreek Hy sal jou wegruk, jou wegskeur uit die tent; Hy sal jou uitpluk uit die land van die lewendes.
8
Regverdiges sal dit sien en ontsag hê, oor hom sal hulle die spot dryf:
9
“Kyk die sterk man! Hy het God nie sy toevlug gemaak nie, maar op sy groot rykdom vertrou. Hy soek toevlug in wat hom vernietig.”
10
Maar ek is soos 'n welige olyfboom in God se huis; ek stel my vertroue in God se troue liefde, vir altyd en altyd.
11
Ek sal U vir altyd prys omdat U opgetree het. In die teenwoordigheid van u getroue volgelinge vestig ek my hoop op u Naam, want dit is goed.
← Chapter 51
Chapter 53 →