bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 15
Psalms 15
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
'n Psalm. Van Dawid. Here, wie mag 'n gas wees in u tent? Wie mag tuisgaan op u •heilige berg?
2
Hy wat onberispelik leef en regverdig optree, wat van harte die waarheid praat.
3
Hy laster nie, doen sy medemens nie kwaad aan nie en bespot nie sy naaste nie.
4
In sy oë is die een wat verwerp is, veragtelik, maar hy eer dié wat vir die Here ontsag het. Al sweer hy tot sy nadeel, hy verander nie.
5
Hy leen nie sy geld teen rente uit nie, en aanvaar nie 'n omkoopgeskenk ten koste van die onskuldiges nie. Hy wat hierdie dinge doen, sal nooit struikel nie.
← Chapter 14
Chapter 16 →