bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 16
Psalms 16
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
'n Miktaam. Van Dawid. Beskerm my, o God, want by U skuil ek.
2
Ek het vir die Here gesê: “U is my Heer; buiten U is daar vir my niks goeds nie.”
3
Wat die heiliges in die land betref, ja, die magtiges, by wie ek al my vreugde gevind het:
4
Wie hulle na ander gode haas, vererger hulle smart. Ek sal nie vir hulle •drankoffers van bloed uitgiet nie, en ek sal nie hulle name op my lippe neem nie.
5
Here, my erfdeel, my beker, U bepaal my lot.
6
Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja, my erfenis is vir my mooi.
7
Ek sal die Here prys wat my raad gegee het, selfs in die nag wys my hart my tereg.
8
Ek hou die Here altyd voor oë; omdat Hy aan my regterkant is, sal ek nie struikel nie.
9
Daarom is my hart bly en juig my binneste; ja, my liggaam bly veilig,
10
want U sal my lewe nie aan die •doderyk oorlewer nie; U sal nie toelaat dat u getroue volgeling die graf sien nie.
11
U wys my die pad van die lewe: oorvloedige vreugde in u teenwoordigheid, lieflikhede in u regterhand, vir altyd.
← Chapter 15
Chapter 17 →