bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 14
Psalms 14
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
Vir die •musiekleier. Van Dawid. Dwase sê in hulle harte: Daar is geen God nie. Hulle tree gruwelik en afstootlik op. Daar is nie een wat goed doen nie.
2
Die Here kyk vanuit die hemel na die mense om te sien of daar iemand is wat verstandig is, iemand wat God soek.
3
Almal het afgedwaal, saam het hulle ontaard; daar is nie een wat goed doen nie, selfs nie een nie.
4
Is almal wat onreg pleeg dan sonder insig, hulle wat my volk eet soos 'n mens brood eet? Hulle roep die Here nie aan nie.
5
Dan oorweldig skrik hulle, want God is met die regverdige geslag.
6
Julle wil die planne van die magtelose bespotlik maak, maar die Here is sy skuilplek.
7
Mag daar uit Sion redding kom vir Israel! Wanneer die Here die lot van sy volk omkeer, moet Jakob juig, moet Israel bly wees.
← Chapter 13
Chapter 15 →