bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 149
Psalms 149
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
Halleluja! Sing vir die Here 'n nuwe lied – sy lof in die byeenkoms van getroue volgelinge!
2
Laat Israel hom verheug in sy Maker, laat die kinders van Sion juig oor hulle Koning.
3
Laat hulle sy Naam loof met koordans, met begeleiding van tamboeryne en liere Hom besing.
4
Want die Here is sy volk goedgesind; Hy vereer verdruktes met oorwinning.
5
Laat getroue volgelinge juig in eerbetoon; laat hulle jubel op hulle beddens –
6
met verheerliking van God uit hulle kele, en tweesnydende swaarde in hulle hande,
7
om vergelding te voltrek onder die nasies, straf onder die volke,
8
om hulle konings in kettings te slaan en hulle geëerdes in ysterboeie,
9
om die vonnis wat opgeteken is, oor hulle te voltrek. Dit sal luister verleen aan al sy getroue volgelinge. Halleluja!
← Chapter 148
Chapter 150 →