bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 148
Psalms 148
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
Halleluja! Loof die Here uit die hemel; loof Hom in die hoogtes!
2
Loof Hom, al sy engele; loof Hom, al sy hemelse magte!
3
Loof Hom, son en maan; loof Hom, al die helder sterre!
4
Loof Hom, hoogste hemele en die water wat bo die hemelkoepel is!
5
Laat hulle die Naam van die Here loof, want dit is Hy wat bevel gegee het – en hulle is geskape.
6
Hy het hulle gevestig vir altyd, vir ewig. Hy het 'n vaste orde bepaal wat nie verbygaan nie.
7
Loof die Here vanaf die aarde – seemonsters en al die diep waters,
8
vuur en hael, sneeu en newels, stormwind wat sy bevel uitvoer;
9
berge en al die heuwels, bome wat vrugte dra en al die seders;
10
wilde diere en al die vee, diere wat kruip en voëls wat vlieg;
11
konings van die aarde en al die volke, •aanvoerders en al die regeerders van die aarde;
12
jong mans en ook jongmeisies, oumense saam met jongmense.
13
Laat hulle die Naam van die Here loof, want sy Naam alleen is hoog verhewe; sy luister reik oor aarde en hemel.
14
Hy het sy volk sterk gemaak – 'n rede tot lof vir al sy troue volgelinge, die Israeliete, die volk wat na aan Hom is. Halleluja!
← Chapter 147
Chapter 149 →