bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 13
Psalms 13
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
Vir die •musiekleier. 'n Psalm. Van Dawid.
2
Hoe lank nog, Here? Gaan U my vir altyd vergeet? Hoe lank nog gaan U u gesig vir my verberg?
3
Hoe lank nog moet ek kwellinge in my binneste dra, elke dag kommer in my hart? Hoe lank nog gaan my vyand die oorhand oor my hê?
4
Sien dit tog raak, antwoord my, Here, my God! Verlig tog my oë, anders sink ek in 'n doodslaap weg,
5
anders sê my vyand, “Ek het hom oorweldig,” anders juig my teenstanders omdat ek tot 'n val gebring word.
6
Maar ek – op u troue liefde vertrou ek; my hart wil juig oor u verlossing. Ek wil vir die Here sing, omdat Hy aan my goed gedoen het.
← Chapter 12
Chapter 14 →