bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 138
Psalms 138
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
Van Dawid. Ek wil U prys met my hele hart; voor die gode wil ek U besing.
2
Ek wil in aanbidding buig na u •heilige •tempel; ek wil u Naam prys oor u troue liefde, oor u trou; Want U het u beloftes bo al u roem laat uitstyg.
3
Die dag toe ek geroep het, het U my geantwoord. U maak my innerlik sterker.
4
Al die konings van die aarde moet U prys, Here, wanneer hulle die woorde van u mond hoor.
5
Hulle moet sing oor die weë van die Here: “Groot is die heerlikheid van die Here.
6
Ja, verhewe is die Here, maar nederiges sien Hy raak en hoogmoediges ken Hy van ver af.”
7
As ek in diep benoudheid verkeer, bewaar U my lewe; teen die toorn van my vyande steek U u hand uit; u regterhand verlos my.
8
Die Here self tree vir my in. Here, u troue liefde duur vir ewig; u handewerk – moet dit nie laat vaar nie!
← Chapter 137
Chapter 139 →