bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 137
Psalms 137
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
Aan die riviere van Babel, daar het ons gesit en gehuil wanneer ons aan Sion dink.
2
Aan die rivierwilgers in daardie land het ons ons liere opgehang;
3
want daar het dié wat ons gevange geneem het vir ons die woorde van 'n lied gevra; hulle wat ons weggevoer het, het van ons vreugde verwag: “Sing vir ons een van die Sionsliedere!”
4
Hoe kan ons 'n lied van die Here sing op vreemde grond?
5
As ek jou vergeet, Jerusalem, mag my regterhand dan vergeet hoe om te speel.
6
Mag my tong aan my verhemelte kleef, as ek jou nie onthou nie, as ek Jerusalem nie my heel grootste vreugde maak nie.
7
Here, onthou die Edomiete oor die dag van Jerusalem, hulle wat gesê het: “Stroop, stroop haar tot op die fondamente!”
8
Dogter van Babel, gedoem tot verwoesting, gelukkig die een wat jou jou dade vergeld wat jy ons aangedoen het!
9
Gelukkig die een wat jou kinders gryp en verpletter teen 'n rotswand!
← Chapter 136
Chapter 138 →