bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 136
Psalms 136
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
Prys die Here, want Hy is goed – want vir ewig duur sy troue liefde.
2
Prys die God van die gode – want vir ewig duur sy troue liefde.
3
Prys die Heer van die here – want vir ewig duur sy troue liefde.
4
Prys Hom wat groot wonders doen, Hom alleen – want vir ewig duur sy troue liefde –
5
wat met insig die hemel gemaak het – want vir ewig duur sy troue liefde –
6
wat die aarde oor die waters uitgespan het – want vir ewig duur sy troue liefde –
7
wat die groot ligte gemaak het – want vir ewig duur sy troue liefde –
8
die son om te heers in die dag – want vir ewig duur sy troue liefde –
9
die maan en sterre om te heers in die nag – want vir ewig duur sy troue liefde.
10
Prys Hom wat Egipte getref het deur hulle •eersgeborenes – want vir ewig duur sy troue liefde –
11
en Israel uit hulle midde laat wegtrek het – want vir ewig duur sy troue liefde –
12
met 'n sterk hand en uitgestrekte arm – want vir ewig duur sy troue liefde.
13
Prys Hom wat die Rietsee in twee gesny het – want vir ewig duur sy troue liefde –
14
en Israel in die middel laat deurtrek het – want vir ewig duur sy troue liefde –
15
maar die farao en sy leër in die Rietsee afgeskud het – want vir ewig duur sy troue liefde.
16
Prys Hom wat sy volk deur die woestyn laat gaan het – want vir ewig duur sy troue liefde –
17
groot konings verslaan het – want vir ewig duur sy troue liefde –
18
magtige konings om die lewe gebring het – want vir ewig duur sy troue liefde –
19
Sihon, die koning van die Amoriete – want vir ewig duur sy troue liefde –
20
en Og, die koning van Basan – want vir ewig duur sy troue liefde.
21
Hy het hulle land as erfdeel gegee – want vir ewig duur sy troue liefde –
22
as erfdeel aan Israel sy dienskneg – want vir ewig duur sy troue liefde –
23
Hy wat in ons vernedering aan ons gedink het – want vir ewig duur sy troue liefde –
24
en ons van ons teenstanders weggeruk het – want vir ewig duur sy troue liefde –
25
Hy wat kos gee aan alles wat leef – want vir ewig duur sy troue liefde.
26
Prys die God van die hemel – want vir ewig duur sy troue liefde!
← Chapter 135
Chapter 137 →